Trap (musiek)

Trap van toonleer Romeinse syfers[1]
Naam van trap van toonleer (C-majeurtoonleer) ).

In musiekteorie, verwys trap van die toonleer na die posisie van 'n bepaalde noot in 'n toonleer[2] met betrekking tot die tonika, die eerste en belangrikste noot van die toonleer waarvandaan elke oktaaf begin. Trappe is nuttig om die grootte van intervalle en akkoorde aan te dui, en of hulle majeur of mineur is.

In die algemeenste sin is dit trap van die toonleer bloot die nommer wat aan elke trap van die toonleer gegee word, wat gewoonlik begin met 1=tonika. Om dit so te definieer, impliseer dat 'n tonika gespesifiseer is. Byvoorbeeld, die 7-toon diatoniese toonleer kan die majeurtoonleer word sodra die korrekte trap as tonika gekies is (bv. die C-majeurtoonleer C–D–E–F–G–A–B, waar C die tonika is). As die toonleer geen tonika het nie, moet die begintrap arbitrêr gekies word. In stelteorie, byvoorbeeld, word die 12 trappe van die chromatiese toonleer gewoonlik genommer vanaf C=0, en die twaalf toonhoogteklasse word van 0 tot 11 genommer.

In meer spesifieke sin, word trappe van die toonleer name gegee wat dui op hulle spesifieke funksie in die toonleer. Hierdie definisie impliseer dat 'n funksionele toonleer, soos die geval is in tonale musiek.

Die uitdrukking trap van die toonleer kan ook verwys na die afstand tussen twee opeenvolgende en aangrensende trappe van die toonleer (sien Trappe en spronge). Die terme "heeltoon" en "halftoon" word algemeen gebruik word as intervalname. Die getal trappe van die toonleer en die afstand tussen hulle saam definieer die toonleer waarin hulle voorkom.

  1. Jonas, Oswald (1982). Introduction to the Theory of Heinrich Schenker (1934: Das Wesen des musikalischen Kunstwerks: Eine Einführung in Die Lehre Heinrich Schenkers), p.22. Vert. John Rothgeb. ISBN 0-582-28227-6. Alles hoofletters.
  2. Kolb, Tom (2005). Music Theory for Guitarists, bl.16. ISBN 0-634-06651-X.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy